News

Koperdiewe verdwyn met ses watermeters

Koperdiewe het groot skade in Dennesig en Kanonkop aangerig nadat ses watermeters in een nag gesteel is.

Volgens Johann Dyason, DA raadslid in Dennesig is die ses watermeters almal deur die loop van Saterdagnag of Sondagoggend gesteel.

Twee watermeters is in Springbokstraat én Renosterstraat in Kanonkop uitgeruk en twee in Helen Josephstraat in Dennesig.

Rdl. Dyason het gewaarsku dat die diewe rondbeweeg in areas sodat hulle nie maklik gevang kan word nie.
Die vermoede bestaan dat dit dieselfde groep is wat agter al die diefstalle sit.

Die diefstalle is aan die direkteur van die departement van infrastruktuur gerapporteer.

• Op 22 Junie het die Middelburg Observer ook berig oor ses watermeters wat gesteel is in Kanonkop en Dennesig. Veral Springbokstraat het deurgeloop.

Lees meer: Ses watermeters gedurende naweek in Kanonkop en Dennesig gesteel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button