News

Man op sypaadjie se broer ‘n jaar gelede ook weens dwelms oorlede

Die man wat Maandag op die sypaadjie gesterf het, se boetie is vandag 'n jaar gelede ook weens die nagevolge van dwelms oorlede.

Vandag is ‘n bitter moeilike dag vir Mari Lusse Von Wielligh, want Maandag is haar kleinboet dood en vandag is dit ‘n jaar dat haar ander boetie, Gerrit, ook gesterf het.

Mari woon in Namibië en het sy haar boetie, JC Lusse (37) hierdie week uitgeken met foto’s wat die polisie van hom geneem en vir haar gestuur het.

Dit was vir haar ‘n harde slag, want sy het twee jaar gelede al die nuus gekry dat JC, wat al jare aan dwelms verslaaf is, in Middelburg gesterf en begrawe is.

JC is Maandagoggend dood onder ‘n kombers gekry op die hoek van Jeppe en Parkstraat, nadat hy die vorige dag hulp geweier het toe ‘n ambulans opgedaag het.

Johan Cornelius, van die Serving Disciples groep, wat weekliks vir JC kos en klere gegegee het, het hom gaan uitken. Hy het hom egter net geken as JC.

Nadat die Observer ‘n berig gedoen het, het mense uit Potgietersrus ons gekontak en laat weet sy van is Lusse, waarna sy suster opgespoor is.

Mari weet nie wat verkeerd geloop het in haar twee broers se lewens nie, want hulle het in ‘n gelukkige huis grootgeword en was hulle as kinders onafskeidbaar.

Verlede jaar op 14 September 2024, het Gerrit ook weens nagevolge van dwelms gesterf.

Haar hart is stukkend dat sy nie kan bekostig om Middelburg toe te kom om ‘n laaste eer aan hom te kom betuig of om hom te laat begrawe of veras nie. “Ek is moedeloos, ek weet nie wat om te doen nie!” het sy hartseer gesê.

  • Lees meer in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer (12 September) oor JC se lewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button