News

Man op sypaadjie: Gesoek na ‘JC’ se familie

Baie Middelburgers het vir ‘JC’ geken, maar niemand het geweet wat is sy van nie.

Die jong man wat Maandag op die sypaadjie gesterf het, is pas geïdentifiseer as ‘JC’, die jong man wat nooit sy van wou gee nie.

JC was welbekend in ons dorp se strate, maar as jy sy van gevra het, het hy gesê: “ek is net JC”.

Twee weke gelede het hy vir bykans twee dae voor die Presence Kerk, waar hy altyd by die Serving Disciples kos en klere gekry het, gelê. Hy het geweier dat ’n ambulans hom oplaai en is later weg gehelp tot waar hy weer neergeplof het vir sy volgende ‘fix’. Ook vir die span daar wou hy nooit sy van gee nie en het die laaste tyd net onsamehangend gemompel. Hulle het hom egter elke Dinsdag met ope arms verwelkom

Sondag het hy onder sy kombers wat Serving Disciples vir hom gegee het, ingeklim en op die sypaadjie gaan op die hoek van Jeppe- en Parkstraat (Sentraal) gaan lê. ’n Ambulans is gekontak, want daar het skuim by sy mond uitgekom. JC wou egter niks weet nie en moes hulle weer ry.

Maandagoggend het hy onnatuurlik stil gelê en is ’n ambulans weer gekontak. Maar hierdie keer kon hy nie gehelp word nie, want hy het reeds in die versengende hitte onder sy vuil kombers gesterf.

JC het onder ’n vuil kombers op die sypaadjie gesterf. Foto: Verskaf (Sy gesig word om verstaanbare redes verbloem).

Vanmiddag het Johan Cornelius (van Serving Disciples) gaan kyk of dit wel JC is wat weekliks iets te ete kom kry het en het hy laat weet dat dit wel hy is.

As enigiemand weet waar sy familie is, kontak Daleen Naude by 072 248 3855 of gaan na die Middelburg Polisiestasie om na die forensiese afdeling geneem te word.

  • Dié wie hom geken het, het geweet hy het kristalmetamfetamien (straatnaam: Crystal Meth) gebruik.
  • Lees meer in die Vrydag uitgawe oor dié jong man se hartseer verhaal in Middelburg se strate. Daar is ook ’n storie in die koerant wat Tobie van den Bergh geskryf het oor al die verslaafdes in ons strate. JC het letterlik dieselfde dag wat Tobie die storie geskryf het, gesterf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button