News

Video: Verskeie mense beseer in talle ongelukke die naweek

Dit was 'n bedrywige twee dae vir nood- en insleepspanne met verskeie ongelukke waar hulp verleen moes word.

Sowat ‘n uur nadat daar vanmiddag vyf mense beseer is in ‘n ongeluk waar ’n voertuig op die N4 gerol het, het nog ‘n voertuig op die Bethalpad gerol.

‘n Voertuig het kort voor 15:00 die pad verlaat en omgeslaan sowat 3 km verby die Alzu Petroport (Middelburg rigting) en is vyf mense per ambulans na die hospitaal geneem.

Die ongeluk op die N4 waar vyf mense per ambulans hospitaal toe geneem is. Foto: Verskaf.

Kort daarna is daar op die Traffic Alert WhatsApp-groep laat weet dat nog ‘n voertuig gerol het in ‘n haelstorm by Leeuwfontein op die R35, net voor Komati Kragstasie. Dit is nog onduidelik hoeveel mense in hierdie ongeluk beseer is.

@middelburgobserver

Accident at Leeuwfontein on the R35 bridge near Komati Power Station today (September 14). Vehicle rolled during hail storm. Roads are slippery and motorists are urged to slow down and drive with caution! MiddelburgObserver, R35, KomatiPowerStation, AccidentAlert, DriveSafe, RoadSafety,HailStorm

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Daar is gister ook letterlik van ongeluk na ongeluk gejaag!

Net na 02:00 is hulp gevra na ‘n bakkie tussen ander voertuie ingery het by ‘n tweedehandse voertuighandelaar in Cowen Ntulistraat. Niemand is beseer nie, maar derduisende rande se skade is aangerig aan die voertuie in die besigheid.

‘n Bakkie het gister omstreeks 02:00 tussen voertuie ingejaag by ‘n tweedehandse karhandelaar. Foto: Verskaf.
Duisende rande se skade is aangerig toe die bakkie tussen die voertuie ingeploeg het. Foto: Verskaf.

Omstreeks 09:15 was daar weer ‘n ongeluk in Cowen Ntulistraat.

Twee ure later is ‘n voetganger op die Bethalpad raakgery.

Om 12:30 volg ‘n ongeluk in Samora Machelstraat naby die Tarries-fietsrybaan en minder as ‘n uur later was daar ook ‘n ongeluk op die Stoffbergpad, net buite Middelburg.

Tydens die 15:00 vertoning by die McLaren Sirkus val een van die akrobate van ‘n swaai af en neem ‘n plaaslike ambulansdiens hom hospitaal toe.

Daarna volg ‘n ongeluk om 17:20 op die hoek van Mandela- en Walter Sisulustraat waar een persoon beseer is.

Een persoon is beseer in ‘n ongeluk in die Mandela- en Walter Sisulustraatkruising. Foto: Verskaf.

Net voor 18:00 was daar ‘n botsing (sonder beserings) op die hoek van Meyer- en Parkstraat.

Hulp is ook verleen by ‘n ernstige ongeluk waar drie mense beseer is in ‘n botsing by die drierigtingstop op die ou Middelburg/Witbankpad. Die ongeluk het omstreeks 18:30 plaasgevind.

‘n Toyota bakkie het op sy sy beland tydens ‘n ongeluk by die drierigtingstop op die R555 by die weegbrug. Foto: Daleen Naude.

Nog ‘n botsing het om 21:00 in Nhlapostraat (Mhluzi) plaasgeving waar daar gelukkig ook nie ernstige beserings was nie.

Daar is gelukkig ook geen beserings aangemeld tydens die botsing in Nhlapostraat nie. Foto: Verskaf.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button