News

Wees versigtig: Trokongeluk in Kranspoortpas!

'n Gedeelte van Kranspoortpas is toe na 'n trokongeluk in die vroeë oggendure.

Kranspoortpas was vir ‘n ruk gesluit na ‘n trokkongeluk by die eerste sandput in die pas, maar daar is ‘n op- en ‘n afbaan oop vir verkeer.

Die ongeluk het omstreeks 02:15 plaasgevind.

Na wat verneem word het die trokdrywer ligte beserings opgedoen.

Spanne is reeds besig met opruiming, en het Nico van Vuuren (Mid Towing Insleepdienste) vanaf die toneel laat weet dat dit nog sowat ‘n uur kan duur.

Motoriste moet daarop let dat verkeersvloei beïnvloed gaan word omdat daar net enkelbane oop is.

Dit is die soveelste trokongeluk in Kranspoortpas in die afgelope paar maande.

Opruimingspanne is besig in Kranspoort. Foto: Verskaf,

 

Die trokongeluk in Kranspoort het omstreeks 02:15 plaasgevind. Daar is tans ‘n op- en afbaan oop.

 

Mid Towing Insleepdienste het laat weet dat hulle omtrent nog sowat drie ure gaan besig wees met opruimingswerk. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button