Plaasaanval slagoffers se familielede het gister weer wit kruise langs die N1 geplant.
President Ramaphosa het grootoog en met verbasing gevra waar die kruise is.
Een van die gesinne wat al twee kruise geplant het is dié van Lappies Labuschagné (65) wat op 10 September 2025 22 jaar gelede op Tonteldoos koelbloedig doodgeskiet is.
Hy was ’n geliefde inwoner van die omgewing.
Sy dogter, Magda Brits, het by navraag gesê dat hulle nie hierdie jaar die witkruisplanting kon bywoon nie.
’n Groot hoeveelheid trekkers, karre en motorfietse was deel van die stoet wat op die N1 op pad na Polokwane na die terrein gery het.
@middelburgobserver Slagoffers van plaasaanvalle plant weer kruise.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
