Hoërskool Middelburg se Phoenix netbalspan is SA Fast 5 kampioene!
Drie van hul spanne het deurgedring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, naamlik die Phoenix-, Griffons- en MHS Blitzspanne. Die Blitzspan eindig algeheel agtste.
Die uitslae van die wedstryde, wat oor twee dae by Hoërskool EG Jansen beslis is, is as volg: (Middies eerste genoem)
SA dag een:
MHS Blitz: Teen DF Malan 18-11, Curro Kathu 26-9, Reddam 17-18, St Annes 28-7, Bergsig 30-17.
MHS Phoenix: Louis Trichardt 31-11, Witteberg 23-22, Bergsig 33-22, Noorheuwel 26-22, Paarl Gimasium 25-24 .
Griffons: Menlo 16-32, Randburg 20-30, Ben Vorster 16-14, Hartswater 24-14, Stellenberg 27-29.

SA dag twee:
MHS Phoenix: Curro Kathu 39-6, kwartfinaal wen Northcliff 32-19, semifinaal wen Randburg 27-26 en wen in die finaal teen Stellenberg met 29-26 om as kampioene van die veld te stap!
MHS Blitz: Capricorn 18-25, kwartfinaal Menlopark 8-30, semifinaal Jim Fouche 15-24 en finaal Paarl Girls 12-16.
Griffons: RHS 29-27.

@middelburgobserver Middies Fast Five netball stars best of the best! MHS, SAFastFive, HoërskoolMiddelburg, Middies, PhoenixFastFive, MiddelburgObserver, Middelburg
