News
Die naweek koel bietjie af met reën!
'n Koel luggie gisteraand het die belofte van 'n koeler naweek gebring.
Na ‘n hele paar baie warm dae, kan Middelburgers weer uitsien na ‘n paar druppels reën.
Volgens die weervoorspelling (Google Weather) gaan die maksimum vandag net klim tot 23°C met gedeeltelik bewolke toestande.
Saterdag is die minimum 13 en die maksimum 21°C, daar is ‘n 40% kans vir reën en ‘n geniepsige wind van 19km/h kan verwag word.
Sondag is die maksimum 22°C, met ‘n 70% kans vir reën.
- Vanaf 8-14 Oktober is daar 17.5mm uit die reënmeters gegooi in Dennesig, 16mm in Kanonkop, 15mm in Aerorand Suid, 9mm in Aerorand Wes, 8mm by Doornkop en 1.5mm in Mineralia.
- Op 9 Oktober het Middelburgers letterlik ‘n paar seisoene in een dag beleef.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
