NewsSport

Diana een van duisende teleurgestelde drawwers

Wind uit haar seile geneem.

“As jy op die roete is skree hard!”

En toe word die wind uit haar seile geneem (letterlik!).

Die gewilde fisioterapeut wat bekend is vir haar werk by skole en die Loskop marathon, Diana Jansen, was een van die duisende teleurgestelde drawwers wat vanoggend nie aan die Kaapstad Marathon kon deelneem nie. Sy werk en woon deesdae op Stellenbosch.

Sy het nog gister op sosiale media laat weet “as jy op die roete is skree” met haar aanvullings, marathon klere en nommer netjies uitgepak met “hiermee die tradisionele kit-kiekie”.

Later sê sy “mens raak nooit gewoond aan hierdie afstand nie”.

Die wedloop is afgelas, nadat stormsterk winde skade aan infrastruktuur aangerig het, wat dit te gevaarlik vir drawwers gemaak het om vanoggend weg te spring.

Daar was 24 000 bitter teleurgestelde langgesig deelnemers.

Diana sê almal is teleurgesteld.

Die wind was wel Saterdagaand stormsterkte en het strukture by die eindpunt beskadig.

Volgens haar was dit Sondag nie so erg nie.

“Mens wonder altyd van risko bestuur perspektief wat hulle anders kon doen, maar ons glo die organiseerders sal meer besonderhede bekend maak.

Sy sê deursigtigheid is nou belangrik, want baie deelnemers voel die vertrouensverhouding het skade gely, maar sy hoop die wedloop sal wel volgende jaar plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button