Faan Likkewaan gaan ‘kuier’ by Roberts Landgoed
Roberts Landgoed se sekuriteitswagte sien kans vir skelms, maar beslis nie vir likkewane nie!
Faan die Likkewaan het Maandag by Roberts Landgoed gaan kuier en die sekuriteitswagte die skrik op die lyf gejaag.
Mnr. Jan Stander, (opsigter) het ’n paniekbevange oproep van die sekuriteit ontvang oor die likkewaan. Mnr. Stander het onmiddellik tot die inwoner én bewende sekuriteit se redding gekom en die ongewenste gas gered.

Hierdie vierpoot, langtong reptiel het tydens in die yskoue weer hitte gaan soek in ’n huis. Gelukkig was die koudbloedige dier heel kalm en kon mnr. Stander hom vang en gaan aflaai by die groot dam by Roberts Landgoed.
Faan Likkewaan het Stander met ’n paar uitdagende blase en ’n tong uitsteek bedank en tevrede sy nuwe blyplek gaan verken.