Nog net vandag inentings teen hondsdolheid in Middelburg
Jy het nog net tyd vandag vanaf 10:00 tot 15:00 om jou troeteldiere in te vat vir inentings teen hondsdolheid.
Middelburgers moet daarop let dat hulle vandag hul troeteldiere na die Staatsveearts Middelburg-kantoor (langs die DBV) kan vat vir ’n gratis inenting teen hondsdolheid.
Die Middelburg Staatsveearts se inentingsveldtog het Maandag begin.
Vandag is die laaste dag in die dorp self.
Inwoners van die omliggende kragstasies kan op die volgende dae hul diere invat vir die inentings (ook van 10:00–15:00):
28 Oktober: Komati Kragstasie by die Komati Gemeenskapsaal.
4 November: Pullenshope – parkeerarea langs vulstasie/Foodzone.
11 November: Arnot/Rietkuil – Rietkuil-dorpsaal.
Vir meer inligting, kontak James Erasmus, veeartsenykundige tegnikus by die Middelburg Staatsveeartsby 082 324 4059.
@middelburgobserver Local fight against rabies in action.
