News

Weer ‘n ongeluk op die Stoffbergpad

Daar is 'n ongeluk sowat 30km buite Middelburg op die Stoffbergpad.

Motoriste word gewaarsku om stadiger te ry as hulle sowat 30km buite Middelburg op die Stoffbergpad ry, na ‘n ongeluk tussen ‘n voertuig en ‘n trok.

Alhoewel niemand beseer is nie, lê daar tans ‘n vrag bakstene in die pad wat van die trok afgeval het, wat opgeruim moet word.

Die ongeluk is 32km vanaf Middelburg. Hier is die presiese ligging, soos dit per Google Maps op die groepe gestuur is.

Gelukkig kan voertuie op die padreserwe verbygaan terwyl opruiming gedoen word.

Daar is op die ongeluk noodgroepe ook laat weet dat daar ‘n ernstige ongeluk is tussen Hendrina en Ermelo na ‘n trompop botsing tussen ‘n trok en ‘n kar.

Middelburgers wat vroeër vanaf Ermelo op pad was na Middelburg, het laat weet dat hulle omgedraai het en Bethal oor ry, omdat hulle al ‘n geruime tyd in die verkeer, wat kilometers ver opgehoop het, staan. Die ongeluk se ligging is hier.

• Daar is pas verneem dat daar begin is met opruiming en dat daar is ‘n Stop-en-Ry is sodat verkeer kan beweeg.

Die verkeer is vir kilometers opgedam na ‘n ongeluk tussen Ermelo en Hendrina. Foto: Verskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button