News

Ma en dogter aangeval terwyl hulle stap vir oefening

'n Vrou en haar dogter is aangeval in die straat terwyl hulle gestap het vir oefening.

‘n Graad 11 meisie moes Donderdagoggend met rooi merke oor haar keel gaan eksamen skryf nadat sy en haar ma die vorige middag aangeval is.

“Dit was nog nie eers donker nie en net voor ons aangeval is, het ‘n vrou en haar klein dogtertjie net ‘n entjie voor ons in die straat af gedraf!” het die ma (wie se naam weerhou word omdat die dogter nog minderjarig is) omgekrap gesê.

Hulle bly sowat twee maande in Groenkol en het vir oefening gaan stap toe hulle oorval is op die hoek van Suid- en Meyerstraat.

“Dit was nog lig, voor 18:00!”

Ma en dogter het opgestap in Suidstraat en hulle het dadelik opgemerk dat daar ‘n man is wat lyk of hy water afslaan by ‘n boom. Hulle het na die anderkant van die pad beweeg, waar hulle gesien het daar staan ook twee mans. Sy is nie seker waar die vierde een skielik vandaan gekom het nie.

Kort nadat hulle by die twee mans verby is, het vier mans skielik op hulle toegesak.

“Hulle het ons van agter af vasgegryp, ons kon niks doen nie!”

Die vrou en dogter is albei in hul gesigte geslaan en ook gewurg, terwyl die boosdoeners hul selfone by hulle gevat het en hul oorfone ook uitgeruk het.

Die aanvallers het daarna weggehardloop.

Die twee verskrikte vroue het gaan hulp soek en het Dagpatrollie die area gefynkam, maar die aanvallers het weggekom.

“Dit het helder oordag gebeur!” het sy ontsteld uitgeroep. “My gesig is blou en my dogter se gorrel is blou!”

Sy waarsku mense wat oefen, om eerder in groepe dit saam te doen. Sy maan ouers ook om hul kinders wat na en van die skool af loop, te leer om in groepies saam te loop om soortgelyke aanvalle te voorkom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button