Drie huisgesinne van Kanonkop moes vanoggend sonder water klaarmaak vir werk en skool nadat hul watermeters laasnag gesteel is.
Volgens rdl. Johann Dyason is Impala-, Bokmakierie- en (nes die vorige week), Tulipstraat geteiken.
Watermeterdiefstalle is besig om handuit te ruk in ons dorp! In die laaste jaar is al tientalle watermeters in die dorp gesteel en word inwoners gemaan om met een oog oop te slaap en betrokke te raak by noodgroepe soos die gemeenskapspolisiëringforum.
Die vraag bly staan, word dié meters vir die kort stukkies koperpyp aan weerskante van die meter gesteel óf koop iemand die meters by die diewe?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
