News

Koel temperature vir die week voorspel

Vat hierdie week 'n baadjie en sambreël saam werk- en skool toe!

Die koel weersomstandighede duur hierdie week voort met reën wat byna daagliks voorspel word.

Volgens beide die Toeps (Apps) Google Weather en AccuWeather is daar elke dag tussen 40% en 70% kans vir reën.

Vandag (Maandag) sal die sonnetjie net so af en toe deurbreek met minimum- en maksimumtemperature van 12°C en 18°C, ‘n 70% kans vir laatmiddagreën en ‘n koel windjie van 11km/p/h.

Dinsdag word ‘n bewolkte dag voorspel met ‘n minimum van 13°C en ‘n maksimum van 19°C. Daar is weer ‘n 70% kans vir ligte laatmiddagreën.

Woensdag is dit bietjie warmer met ‘n deurbreek-sonnetjie en die kwik wat styg van 13°C na ‘n lekker 24°C en laatmiddagreën.

Donderdag is daar weer laatmiddagreën met minimum- en maksimumtemperature van 13°C na 23°C.

‘n Onplesierige wind van 24km/p/h sal Vrydag waai met bewolkte toestande vanaf omstreeks 10:00. Daar is egter net ‘n 20% kans vir reën met koel toestande (10°C na 17°C).

Saterdag word ‘n gedeeltelik bewolkte oggend voorspel, waarna dit vanaf omstreeks 14:00 heeltemal bewolk sal wees met ‘n 10% kans vir reën. Die minimum en maksimum temperature is 10°C na tussen 21 en 25°C.

Sondag duur die bewolkte toestande voort met ‘n minimum van 12°C wat klim na tussen 21 en 24°C. Op hierdie stadium word net 10% kans vir reën voorspel.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button