News

AARTO 2026: Middelburg se strafpunt-era op ys gesit

Die AARTO-strafpuntstelsel wat nou tot Julie 2026 uitgestel is, plaas Middelburg se veelbesproke ‘strafpunt-era’ weer in ’n wagposisie. Die uitstel kom te midde van onafgehandelde beampte-opleiding en munisipaliteite wat nog nie heeltemal gereed is vir die eerste fase nie.

JOHANNESBURG – Die beplande inwerkingstelling van die AARTO-strafpunte-stelsel word verder vertraag.

Die stelsel sou aanvanklik op 1 Desember 2025 afskop, maar die nuwe teikendatum is nou 1 Julie 2026.

Belangrike aspekte soos die opleiding van verkeersbeamptes en die finale befondsingsreëlings is nog in proses. In ’n verklaring sê die Departement van Vervoer dat die besluit geneem is nadat dit duidelik geword het dat verskeie munisipaliteite wat in die eerste fase ingesluit sou word, nie heeltemal gereed is vir die implementering nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button