AARTO 2025: Middelburg ry nou in die strafpunt-era in
Steve Tshwete in Mpumalanga is een van 69 munisipaliteite waar Aarto-verkeerswet en strafpunte begin geld.
Middelburg se motoriste moet hulleself gereedmaak, Aarto 2025 bring ’n nuwe era van verkeersreëls, boetes en strafpunte. Jou rybewys is nou net soveel werd as jou dissipline agter die stuur.
Die AARTO-wetgewing (Administratiewe Beregting van Verkeersmisdrywe) tree 1 Desember 2025 in werking in 69 munisipaliteite landwyd, insluitend Middelburg (no. 42). Die res van die land volg op 1 April 2026, volgens die Staatskoerant.
Die strafpuntstelsel – ’n kern van die nuwe verkeerswet – word 1 September 2026 landwyd ingevoer. Bestuurders wat verkeersreëls oortree, ontvang strafpunte, en te veel punte kan jou rybewys opskort of kanselleer. Herhaalde oortredings beteken jy sal weer van voor af jou leerling- en bestuurslisensie moet verwerf.
3 Wenke vir motoriste
1. Hou jou boetes dop: Teken gereeld in op jou Aarto-profiel om nuwe boetes of kennisgewings betyds te sien.
2. Kontroleer jou e-pos (ook “junk”): Verkeerskennisgewings en verifikasie-e-posse beland dikwels in die gemorspos.
3. Bly binne die wet: Selfs klein oortredings stapel op. In die geval wil jy beslis die minste punte hê.
Hoe om AARTO-verkeersboetes aanlyn te betaal
· Registreer op die Aarto-portaal – www.aarto.gov.za – om ’n rekening te skep.
· Meld aan en kies die boetes wat jy wil betaal.
· Betaal via Snapscan, Zapper, Masterpass, Mobicred, krediet- of debietkaart, EFT of kontant.
Kyk ook na www.paycity.co.zaof www.payfines.co.za
· Ontvang jou kwitansies elektronies – let wel, sommige kan langer neem as gevolg van munisipale verwerking.
Of jy nou in Middelburg of elders ry, die Aarto-stelsel maak een ding duidelik; verantwoordelike bestuur is nie meer ’n keuse nie, dis ’n voorwaarde om op die pad te bly.
