Kort voor ’n hond erg siek geword het nadat sy gifbroodjies ingekry het, het ’n man vir ’n oomblik stil gestaan by ’n erf en vinnig geepad toe die huiseienaar aangestap kom.
Me. Stephnie Loedolff het haar skaaphond, Abigail, geaktiveerde steenkool en eiergeel ingejaag nadat die hond begin braak het en sy korrelrige gif in die braaksel opgemerk het. “Dit is nie die eerste keer dat sy dié tipe gif inkry nie!” Drie jaar gelede het booswigte ook gif vir die hond gegooi.

Verdagte persoon by heining
Sy het vanoggend kort na 07:00 ’n verdagte persoon by haar heining opgemerk, maar toe sy naderkom, het die man, wat ’n oorpak gedra het, vinnig weggestap. Net daarna het haar hond baie siek geword.
Stephnie het die erf deursoek en afgekom op toegevoude broodjies waarin daar duidelik korrelrige gif, wat alom bekend staan as Temik, gesien kon word.
Sy is dankbaar dat sy haar hond kon deurhaal, aangesien dié tipe gif honde en ander troeteldiere letterlik binne minute laat vrek.

Gee kos vir haweloses kos
Wat haar omkrap is dat hulle al vir meer as 10 jaar bykans elke dag kos uitsit vir haweloses. “Ons sit brood en ander kos wat naby hul vervaldatum is, op ’n kragboks neer in Kanariestraat. Woensdae is daar soms tot vetkoek vir die mense wat in die swartsakke grou.”
Ander inwoners in Kanariestraat het dadelik hul krintelevisiemateriaal nagegaan toe Stephnie laat weet het dat haar hond gif ingekry het.
Daar is ’n man op kringtelevisiemateriaal opgemerk wat by ’n ander erf vir ’n wyle vertoef. ’n Mens kan egter nie sien wat hy by die erf doen nie. As hy verder stap, kan jy duidelik sien hoe hy ’n happie vat van brood.
@middelburgobserver A man was captured on CCTV approaching residences in Kanarie Street, Kanonkop (Middelburg). He was eating bread and a dog was poisoned shortly after consuming bread that was thrown into the yard. Dogspoisoned, KanarieStreet, Temik, MiddelburgObserver
Stephnie sê dit is beslis die man wat voor haar erf gestaan het en weggeloop het toe sy nadergekom het, wat op die kringtelevisiemateriaal in die straat afstap.
