News
Legende in sekuriteitsbedryf se begrafnisreëlings is gefinaliseer
Mike Kotze se begrafnisreëlings is gefinaliseer.
Mike Kotze, die man wat met sy sagte geaardheid almal oorrompel het, is gisteroggend in die Middelburg Hospitaal oorlede.
Mike was ’n legende in die sekuriteitsbedryf en sy dood was vir almal ’n geweldige skok.
Sy familie het pas laat weet dat die begrafnisreëlings gefinaliseer is.
’n Roudiens word volgende Vrydag (21 November) om 12:00 uit die Hervormde Kerk, Noord gemeente in Vygiestraat (Kanonkop) gehou.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
