News
Wees versigtig: Rowers gooi draadpenne in pad op R104
Rowers wat staalpenne uitgooi op paaie is weer bedrywig.
Motoriste is in die vroeë oggendure vanoggend op noodgroepe gewaarsku oor staalpenne wat in die pad gegooi is op die ou Belfastpad (R104).
Die staalpenne is op die padoppervlak gekry naby die ingang van die Towers Motel, net buite Middelburg.
Dié selfgeprakseerde draadpenne lyk nie soos die staalpenne wat die hoofwegrowers uitgooi op die hoofweë nie.


Deur die jare was daar talle voorvalle waar staalpenne op die hoofweë gegooi regdeur Suid-Afrika en ook in die Middelburg omgewing. Wanneer motoriste noodgedwonge moet stop om bande te ruil word hulle oorval deur rowers. In baie gevalle is mense ernstig beseer of doodgeskiet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
