News

Nóg reënweer verwag in ’n sopnat Middelburg!

Bome het omgewaai en oral staan modderpoele, maar inwoners kan hul gereed maak vir nóg reënweer hierdie week en naweek.

As jy jou wasgoed wil droog kry vandag, sal jy moet spring, want as daar gekyk word na die weervoorspelling, gaan dit vanmiddag waarskynlik wéér reën.

Google- en Accuweather voorspel meer as ’n 50% kans vir reën vanmiddag met ’n maksimum van 24°C.

Woensdag word daar weer reën in die laatmiddag verwag, maar teen Donderdag is alle aanduidings (70%) dat donderstorms al vroeg kan uitbreek.

Vrydag se voorspelling is slegs 30% vir reën, maar dit gaan die hele dag gedeeltelik bewolk wees.

Saterdag en Sondag is dit weer meestal bewolk met onderskeidelik ’n 30% en 40% kans vir reënweer oor die twee dae.

Tydens die storms gister in die vroeë oggendure en deur die dag het verskeie bome omgeval in en om Middelburg.

Waldette Smith het gister die donker wolke oor Middelburg afgeneem voor die donderstorm. Sy het dit goedgunstiglik vir die Observer beskikbaar gestel vir publikasie.

Dark clouds as seen over the Witkerk in Middelburg.
Die onweerswolke bokant die Witkerk is gister afgeneem deur Waldette Smith.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button