News
37 Klagtes teen oudpolisieman, insluitende 11 vir verkragting
Jarelange ondersoeke lei tot oudpolisieman se vervolging.
Die oudpolisieman wat gister by die Middelburg polisietstasie ingeboek is het pas op 37 klagtes in die Middelburg Streekhof verskyn.
Die klagtes sluit onder meer 11 vir verkragting, ses vir onsedelike aanranding, vyf vir seksuele aanranding, 13 vir geslagsgeweld en een vir crimen injuria in.
Volgens die riller klagstaat het die verdagte na bewering gepoog om ’n meisie teen haar wil te soen, vir vroue ‘pilletjies’ gegee, en dat hy na bewering ook ’n vrou uit ’n bewegende kar gegooi het.
Advokaat Derik Rowles tree namens die staat op.
Die saak is uitgestel na 12 Desember.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
