News

Noodspanne jaag in 24 uur letterlik van ongeluk na ongeluk

Vanaf Sondag tot vanmiddag (Maandag) het nooddienste letterlik van ongeluk na ongeluk gejaag.

Talle mense is ernstig beseer en in een ongeluk het ’n egpaar en hul twee maande oue baba gesterf na verskeie ongelukke vanaf gister tot vandag in en om Middelburg.

Sybrand en Clarissa van Dyk en hul baba, Hendrè is gistermiddag dood in ’n ongeluk net voor 17:00 op die N4 by Woestalleen. Hul vriendin, Spring van den Berg het ’n kopbesering opgedoen en is na die King Nyabela Hospitaal geneem waar sy steeds behandeling ontvang.

Die noodspanne was nog besig op dié toneel, toe hulle uitgeroep is na ’n ongeluk op die Hendrinapad (N11), net voor die N4 afrit waar twee persone ligte beserings opgedoen het.

Ongeluk net buite Hendrina

Omstreeks 03:00 vanoggend is hulp uitgestuur na ’n ongelukstoneel waar ’n trok en ’n VW Polo gebots het sowat 12km buite Hendrina oppad na die Arnot Kragstasie. Die ernstig beseerde bestuurder van die VW Polo is per ambulans na die King Nyabela Hospitaal in Middelburg geneem. Die pad was laatoggend eers weer heeltemal oop met die verwydering van die trok.

Die trok wat eers laat vanoggend verwyder is na ’n ongeluk in die vroeë oggendure op die Hendrina- Arnotpad. Foto: Verskaf.

Twee taxi’s slaan om op N4

Kort na 07:00 het een taxi ’n ander een op n sleepwa gesleep op die N4, Nelspruit se rigting. Tussen die Middelburg Tolhek en die Vandyksdrif-afrit, het die sleepwa heen en weer begin ruk en die taxi wat gesleep is, gerol. Die sleepwa het die voorste taxi ook omgeruk. Beide taxi’s het half in die pad te lande gekom en het mense gedink dat daar verskeie mense beseer is. Daar is egter net vier mense lig beseer, wat op die toneel gehelp is. Niemand is hospitaal toe geneem nie.

Die ongeluk op die N4 waar ’n sleepwa met ’n taxi omgeslaan en die taxi wat die sleepwa gesleep het, saam laat rol het. Foto: Verskaf.

Vier voertuie in ongeluk op hoek van Walter Sisulu- en Van der Merwestraat

Ambulanse was nog op pad na die taxi-ongeluk, toe hulle afkom op ’n ongeluk tussen vier voertuie by die verkeerslig op die hoek van Walter Sisulu- en Van der Merwestraat.

Chris Brits, een van die motoriste wat deel was van die ongeluk met sy wit Toyota bakkie, was vanmiddag teen 12:45 nog in die ongevalle by Life Midmed Hospitaal waar daar onder andere ’n skandering van sy nek geneem is om te bepaal of hy beserings opgedoen het.

Hy onthou dat hy by die Walter Sisulustraat verkeerslig gestop het om in eMalahleni se rigting te ry. Langs hom was ’n silwer Toyota bakkie wat in dieselfde rigting wou ry. Die lig was rooi vir hulle.

Oorkant die pad het hy ’n wit NP200 gesien wat ook stilgestaan het, wat se neus in Middelburg se rigting was. Dié bakkie se flikker was aan om op te draai in Oranjestraat se rigting. “Die volgende oomblik was daar net hierdie harde slae en stukke plastiek en staal wat deur die lug gevlieg het!”

@middelburgobserver

Lucky to be alive! A bizarre four-vehicle accident this morning on the corner of Walter Sisulu and Van der Merwe streets in Middelburg left passing motorists speechless. Three of the vehicles were total wrecks, but luckily, no one was seriously injured. TrafficAlert, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

’n Maroen Suzuki het die NP200 bakkie agter só hard geslaan dat hy reguit oor die pad gegaan het en sowat 100m verder eers tot stilstand gekom het.

Chris het in die breukdeel van ’n sekonde sy wiele gedraai na die ander kant toe, “anders het die Suzuki my reg van voor getref.” Die Suzuki het egter steeds sy bakkie se agterwiel getref. “Daarna het die Suzuki ’n 90 grade draai gemaak en my weer voor getref.

Chris het gesien die silwer Isuzu probeer ook uitswaai in die paar sekondes wat alles gebeur het, maar die Suzuki het met die impak sy bakkie vasgedruk teen die silwer Toyota. “Die silwer Toyota is die enigste voertuig wat reggemaak kan word. Al drie die ander voertuie, die Suzuki, die NP200 en my bakkie is afgeskryf.”

 

Die Suzuki voertuig se neus het heeltemal onder die wit Toyota bakkie ingedruk. Foto: Daleen Naude.
’n Paramedikus van ER24 vra of die bestuurder van die NP200 bakkie enige mediese behandeling nodig het. Foto: Daleen Naude.

Omstreeks 12:00 is die brandweer ook uitgeroep na ’n toneel waar ’n voertuig wat aan die brand geslaan het op die N11 by Doornkop. Daar is gesê dat die bestuurder van die voertuig gelukkig betyds kon uitspring, maar die voertuig het bykans heeltemal uitgebrand.

@middelburgobserver

Heart-stopping footage of a vehicle fire on the N11 at Doornkop. Emergency services were alerted as the blaze spread rapidly. Miraculously, the driver escaped unharmed, but heavy smoke caused low visibility for passing motorists for a short period of time. N11, Doornkop, CarOnFire

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

  • Daar was vanmiddag ook ‘n ongeluk op die R555, by Stoffberg tussen twee voertuie. Op noodgroepe is gesê dat twee mense ernstig beseer is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button