News

Driejarige seuntjie se ma, pa en twee maande oue boetie sterf in N4 ongeluk

’n Ouerpaar en hul twee maande oue babaseuntjie het gistermiddag gesterf in ’n ongeluk op die N4.

’n Driejarige seuntjie is die enigste oorlewende van ’n gesin, nadat sy pappa, mamma en tweemaande oue boetie gister in ’n ongeluk gesterf het.

Noodwerkers het ure op ’n toneel spandeer waar die jong Van Dyk-egpaar en hul babaseuntjie op die N4 naby die Woestalleen afrit gesterf het.

Sybrand (28) en Clarissa van Dyk (23) en hul babaseuntjie, Hendrè, is op die toneel dood. Hul vriendin, Spring van den Berg, het agter Sybrand gesit in die bakkie en het het ’n kopbesering opgedoen.Hulle driejarige seuntjie, Zaiden, was saam met sy ouma, Wilma van Dyk in die voertuig wat voor hulle gery het, toe die ongeluk gebeur het. Wilma het die ongeluk in haar truspieëltjie sien gebeur.

Die Van Dyks was vanaf Carolina in ’n blou Isuzu bakkie na eMalahleni onderweg.

Daar word verneem dat ’n silwerkleurige bakkie, wat in Belfast se rigting op pad  was, beheer verloor en oor die middelman gery het. Dié bakkie het, volgens inligting, “deur die lug gevlieg” in die aankomende verkeer in en die Van Dyks se Isuzu getref.

Die silwer bakkie het op sy kant in die pad tot stilstand gekom, en die Van Dyks se bakkie is die veld in geslinger. Aldrie is op die toneel dood verklaar. Me. Van den Berg is per ambulans na die King Nyabela Hospitaal in Middelburg afgevoer. Haar man, Jacques het vanoggend gesê dat sy steeds in die hospitaal is waar bepaal is dat sy ’n kraak in haar skedel opgedoen het.

Noordwerkers op die toneel waar die Van Dyk egpaar, Sybrand en Clarissa en hul twee maande oue baba, Hendré, gesterf het. Foto: Verskaf.

Brand. Sybrand se pa, het kort na die ongeluk op sy WhatsApp status gekryf: “Hoe sê ’n pa totsiens my seun en dogter. Ons gaan julle so baie mis. Rus in vrede.”

Familie het die Van Dyk-egpaar as ’n liefdevolle paartjie beskryf, wat baie geheg was aan mekaar en hul twee seuntjies.

Die egpaar word oorleef deur hul seuntjie Zaiden, Sybrand se pa en ma, Brand en Wilma en Clarissa se pa, Deon Slabbert. Sybrand het vir Deon gewerk (konstruksiewerk).

* Daar sal eers begrafnisreëlings getref kan word na die Middelburg Forensiese Patologiedienste die lykskouings afgehandel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button