News

KYK: Affie se oudhoofseun trap Kranspoort met gemak uit

Op epiese tog om geld in te samel vir land se kankerpasiëntjies

Die oud hoofseun van Afrikaans Hoër Seunskool, Andru van Zyl (18), wat met ’n fiets vanaf Polokwane na die Kaap ry, het sy derde dag in die saal deurgebring.

Hy het Kranspoort vanoggend met groot gemak uitgery, ondersteun deur Middelburg se Meneer Ysterman, Cobus Fourie.

Twee Hoërskool Middelburg leerlinge, Sion Smit en Herman Grobler, was deel van die span wat die oud Affie gaan haal het.

’n Groep fietsryers het hom van Groblersdal tot na die pas vergesel.

Die wispelturige weer het die groep vir ’n tyd lank laat skuiling soek met swaar neerslae.

Andru samel geld in vir Childhoood Cancer Foundation South Africa (Choc).

Hy vertrek weer moreoggend 19 Desember, om 05:30, vanaf Cathedral Peak 10 in Aerorand.
Middelburg fietsryers gaan weer by hom aansluit en saam uit die dorp ry.

Andru beplan om medies volgende jaar aan Tukkies te studeer.

@middelburgobserver

Andru wys Affies guts teen Kranspoort uit. Video: Tobie van den Bergh. AndruVanZyl, EpicRace, Affies, MiddelburgCycling, N11, Kranspoort, CHOC

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button