News

Christa het almal bo haarself gestel

Christa Markram (59) die welbekende inwoner van Middelburg wat op Oujaarsdag oorlede is, is beskryf as "almal se vriendin wat ander altyd bo haarself gestel het".

’n Spesiale gedenkdiens sal op 8 Januarie, om 11:00, uit die Witkerk vir Christa Markram gehou word.

Christa het op Oujaarsdag weens ’n hartaanval by haar huis in Dennesig gesterf.

Haar familie wil in besonder die volgende persone bedank wat lank op die toneel vir haar lewe geveg het: Fransie du Toit, Ina Lategan, Marthinus en Mariza Olivier, suster Daleen Smit en ER24 se paramedikuste.

Christa se familie het haar beskryf as, “‘n vrygewige persoon, met ‘n baie goeie hart,” wat lief was vir lees.

Haar broerskind, Thomas, onthou sy tannie as volg:
“Tannie Chris was meer as net ‘n suster/tannie, sy was ‘n vriendin wat almal bo haarself gestel het. Ons was vir haar almal lief met ons hele harte. Sy was sentimenteel en saggeaard en het altyd vir die Markram-mans se droeë grappe gelag. Daar is mense in die lewe wat jy weet sonder twyfel na die hemel toe is, oupa Tom en Christa is definitief van daai mense. Ons sal almal ons beste doen en reg lewe om by jou uit te kom…”

Christa word oorleef deur haar broer Francois, skoonsus Annalie en hul kinders Melanie en Chrizanne, broer Stefan, skoonsus Antoinetté en hul kinders Thomas en Janine.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button