News

Videos wat wys hoe klou mense aan tente wys 2025 was die Jaar van Storms

Karavaan met man binne ook glo deur wind meegesleur.

Kampeerders wat soos vinke aan tente hang, plantasies wat platgevee is en geboue wat deur monster winde kaalgestroop is van sinkplate, het die afgelope maand gewys dat 2025 bekend kan staan as die Jaar van Storms.

Die afgelope paar weke het tot vier tornado’s verwoesting gesaai in Suid-Afrika.

Highvelder News het berig dat die nuwe jaar begin het met ’n massiewe storm wat deur Chrissiesmeer, Carolina en Breyten gewoed het.

’n Video wat deur Storm Report SA gedeel is, wys ’n tornado op die Wonderfontein-pad, naby Carolina.

Die erge weer het verwoestende winde en swaar reën meegebring, wat ’n spoor van ontwortelde bome en aansienlike strukturele skade aan huise en infrastruktuur agtergelaat het.

’n Inwoner van Chrissiesmeer, Koos van den Heever, het vertel dat sy broer se huis beskadig is toe ’n boom ontwortel en in die sitkamer geval het.
Die krag van die wind het ook ’n motorhuis se dak afgeruk.

Louis Bates het gesê dat ’n groot deel van die pad tussen Ermelo en Breyten gesluit was, weens bome wat oor die pad geval het.
Daar was ook onbevestigde berigte oor ’n man wie se karavaan met hom daarin naby Chrissiesmeer, meegesleur is. Hy is glo na die Ermelo Mediclinic vir behandeling geneem.

• Op die laaste dag van 2025 het ’n tornado kort ná 17:30 in die Dewetsdorp-distrik in die Vrystaat voorgekom.
• Eergister het ’n tornado die Warburton omgewing getref en ’n plantasie platgevee. Videomateriaal daarvan is vir die Middelburg Observer gestuur.

@middelburgobserver

Tornado’s in verskeie dorpe gesien in ‘n paar dae. Dié tornado in die Warburton omgewing het ’n plantasie bykans heeltemal platgevee.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

’n Leser het op die Storm SA webblad beweer die tornado het al op eMalahleni begin, maar hoofsaaklik deur gebiede gewoed waar dit yl bevolk is.
Maryke van Niekerk het geskryf: “Ons het op Kersdag afgery St. Lucia toe en nog gepraat van hoe mooi dit is in daardie area, en vandag het ons teruggekeer na Pretoria. Ons was so geskok oor die skade! Ons was nie eers bewus van die tornado nie!”

’n Tornado het ook die Middelburg gebied getref en groot skade aangerig op die plaas van Abrie en Brenda van Wyk. Op die video hoor ’n mens hoe geskok almal was en daar is van die skade duidelik sigbaar.

@middelburgobserver

Die skade na ’n tornado ’n plaas buite Middelburg getref het. Weather, Tornado, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button