Oud-Middelburg inwoner steeds gesoek
’n Oud-Middelburg inwoner, Hein van Deventer, is steeds vermis. Sy familie vra Middelburg-inwoners om op die uitkyk te wees en enige inligting aan te meld.
Die soektog na Hein van Deventer, ’n oud-Middelburger, duur steeds voort nadat hy nog nie opgespoor is nie.
Sy tannie, Sadie Pretorius, het vandag bevestig dat daar tans geen nuwe inligting is nie. Die familie bly uiters bekommerd en doen ’n dringende beroep op die Middelburg-gemeenskap om op die uitkyk te wees.
Hein het voorheen in Middelburg gewoon en skoolgegaan, en dit is moontlik dat inwoners hom kan herken of onlangs gesien het. Die saak is reeds by die polisie aangemeld, en alle beskikbare besonderhede word deur die betrokke ondersoekspan opgevolg.

Lede van die publiek wat enige inligting het, hoe gering dit ook al mag voorkom, word versoek om dit dringend aan die relevante owerhede of die ondersoekspan te rapporteer.
Hier is ‘n skakel na Mike Bolhuis se vermisde persoon projek, om Hein op te spoor.
SKAKEL: https://www.mikebolhuis.co.za/post/project-missing-person-hein-van-deventer
