Dit is al wat oorgebly het na kabeldiestal by die Kees Taljaard Stadion. FOTO: Verskaf.
“Ons gaan nie wen nie!”So het ’n moedelose Henk Wessels vanoggend uitgeroep, na die soveelste kabeldiefstal by die Kees Taljaard Stadion.
Die kabels is met groot moeite vervang.
’n Mynmaatskappy het ingegryp om Middelburg Rugbyklub by te staan, sodat die beskadigde infrastruktuur herstel kan word.
Die klub het vanaand (Maandagaand) sy eerste oefening.
Die 2025 seisoen was reeds ’n nagmerrie, omdat daar nie spreiligte was om onder te oefen nie.
Henk Wessels is moedeloos nadat die rugbyklub weer in die duister gelaat is. FOTO: Facebook.
Wessels is die hoofafrigter en het reeds ingestem om in te gryp, sodat Middelburg weer sy regmatige plek in die rugbyliga kan inneem.
En nou dit.
Hy het al voorheen versoek dat die Steve Tshwete Munisipaliteit ’n wag by die stadion plaas, om soortgelyke vandalisme te voorkom.
Dit het op dowe ore geval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.