News

KYK: Ongeluk in Kanonkop: Egpaar beseer, bestuurder van ander voertuig gearresteer

'n Man is gearresteer na 'n ongeluk vroeër vanaand by die verkeerslig op die hoek van Lilian Ngoyi- en Proteastraat.

‘n Egpaar is per ambulans hospitaal toe geneem na ‘n ongeluk omstreeks 20:20 vanaand in Kanonkop.

Die ongeluk het op die hoek van Lilian Ngoyi- en Proteastraat gebeur.

Volgens Jaco en Quindeleen Nolan het hulle opgery in Lilian Ngoyistraat en was die verkeerslig groen vir hulle. Die volgende oomblik het hulle die rooi beweging gesien in die kruising, maar dit was te laat en het die twee voertuie, hul Ford Range bakkie en ‘n VW Polo gebots.

Die VW Polo is weggeslinger en het die verkeerslig getref. Die verkeerslig is uit die grond uit geruk.

Die bestuurder van die POLO is kort daarna gearresteer.

Jaco en Quindeleen is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer. Volgens Jaco se pa, Ben, is die dokters nog besig om die egpaar te ondersoek om te bepaal watter beserings hulle opgedoen het.

‘n Tienjarige seuntjie wat in die bakkie was, word op die toneel deur sy ouma getroos. Foto: Daleen Naude.
Die ongelukstoneel op die hoek van Lilian Ngoyi- en Proteastraat. Foto: Daleen Naude.
@middelburgobserver

Accident in Kanonkop. A couple was taken by ambulance to Life Midmed Hospital after a collision tonight (24 January) at the corner of Lilian Ngoyi and Protea Street. The driver of the other vehicle was arrested. Kanonkop, Middelburg, MiddelburgObserver, RoadAccident, EmergencyServices, LifeMidmedHospital, TrafficAlert

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button