News

Elke graf vertel ’n storie

Mens twyfel of jou pen skerp genoeg is nadat jy die grafskrifte gelees het

Die boodskap laat jou klein voel.
“Geen tong of pen kan die skoonheid van die werk beskryf nie”.
En nou twyfel jy of jou pen skerp genoeg is.
Was jou pen ooit skerp genoeg?
Staan in die begraafplaas.
Is daar om ’n storie te doen oor die Steve Tshwete Munisipaliteit wat die begraafplaas skoon gesny het.
Wag vir ’n raadslid.

The image shows two black granite headstones with engraved texts and floral carvings. The one on the left has a heart shape, two doves, and white flowers. The right headstone has a semicircle shape with an engraved poetic phrase and a flower pot at the base. The scene conveys remembrance and peace.

Soveel verhale

Begin die grafskrifte lees.
*Psalm 23:4: “Hy laat my neerlê in groenweivelde; na waters waar rus is lei Hy my heen”.
*”Ons sal eers daar Bo verstaan waarom hy so vroeg moes gaan. Die wond is diep en seer. God is liefde”.
*”PAPPA: Joh. 5:28 Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is sy stem sal hoor en sal uitkom”.
*”Mooi herinneringe sal altyd in ons harte bly voortleef. Jy is ons mooiste engel in die hemel.”
*”Veilig is ons dogtertjie, sussie, kleindogter, niggie en maatjie by Jesus”.

Two memorial plaques: Left, a silver plaque with a cross and Psalm 23:4 in Afrikaans, dated 1938-2003. Right, a red plaque with an Afrikaans message about cherished memories.

Elke graf het ’n verhaal.

Sommige aangrypend.
Sommige onsamehangend soos die een:
“Die bouheer in die paradys werk aan sy pragpaleis nie ver van klaar is die gebou wat voor sy oog verrys. Geen tong of pen kan ooit die skoonheid van die werk beskryf. Die weelde en luister van die Goddelike verblyf. Die hemeling staan verruk Gods handewerk aanskou ’n monument van Gods genade sondaars liefde en trou.”
Daar is bekendes se grafte soos “Alta van Saffas” en haar man Wessel.
Die Coetzee egpaar sal altyd deel van die dorp se geheuebank wees.

A weathered stone sculpture of two cherubs playfully exchanging a bowl is surrounded by green plants. A small chalkboard sign adds a whimsical touch.

As jy kon kies

Jy kan nie anders om te wonder nie.
Deesdae geniet verassing voorkeur.
Maar as jy kon kies; wat sou jou grafskrif wees?
Die intimiteit van die grafskrifte tref my.
“In die wind hoor ek jou lag.
“In die reën sien ek jou trane.”
Besef die stryd het nooit oor die oorgroeide begraafplaas gegaan nie.
Dit het gegaan oor die duisende trane wat daar gestort is.
Dit het gegaan oor elke graf.
Want elke graf het ’n storie.
En agter die storie, is daar ’n mens, ’n mens wie se lag steeds in die wind gehoor word…

VIDEO: Is daar nog ’n dorp in die land waar mense met geruste hart begrawe kan word? Raadsheer San-Mari Wait bedank amptenare vir hulle harde werk.

@middelburgobserver

Is daar nog ’n dorp in die land waar mense met geruste hart begrawe kan word? Raadsheer, San-Mari Wait bedank amptenare vir hulle harde werk. #middelburgobserver #middelburg #stevetshwetelocalmunicipality

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button