News
Nog kans vir hulle wat Valentynsdag vergeet het
Fietsryers het drie afstande om voor in te skryf by nog ’n Rooiwal.

Diegene wat die rose vir ’n geliefde vergeet het, het nog ’n kans om deel te wees van ’n Valentynsdag.Die Rooiwal Valentynsdag-wedrenne word Saterdag, 21 Februarie, by Waterval, Rooiwal, naby Pretoria aangebied.
Die Hervormde Kerk waar die wegspring is, het Saterdag ’n basaar waar eetgoed te koop sal wees.
Daar is afstande van 26, 50 en 95km.
Inskrywingsgeld beloop R220, R270 en R320 vir die langer wedren.
Vir tandems is die inskrywingsgeld R320.
Aanlyninskrywings sluit vanaand, 16 Februarie, om 12:00.
Daar kan egter nog Saterdag van vroegoggend af ingeskryf word.
Die wedren dien ook as plasing vir die RideJoburg.
Wegspring is om 7:15.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
