News

Destiny die pleegkatjie is veilig gevind

Daar is groot verligting nadat Destiny, die jong asgrys katjie van Feral Care Friends, vanmiddag gevind is.

Die katjie, wat gister in Groenkol vermis geraak het, is vroeër vandag sowat drie blokke van haar nuwe tuiste gevind ná ’n nag van bekommernis vir haar nuwe eienaars.

Feral Care Friends sê hulle harte “loop oor van dankbaarheid”.

Destiny doen onder omstandighede goed, maar is nog effens bang ná haar aand van avontuur.

“Sy sal gou weer besef sy is warm, veilig en by die huis,” het Charmain Potgieter (Feral Care Friends Middelburg) gesê.

Die organisasie het ook hul dank teenoor die gemeenskap uitgespreek, “Destiny is veilig terug by haar huis. Baie dankie aan elkeen wat saam bekommerd was en almal wat saam gesoek het. Dankie vir elke boodskap wat gedeel is.”

Hierdie voorval wys net weer hoe spesiaal die Middelburg-gemeenskap werklik is wanneer dit saak maak.

Die soektog het ’n veilige einde gehad – en sy het haar naam beslis gestand gedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button