NewsSport

‘Ben’s on fire’ vir Tukkies in Varsitybeker

Nou wag Shimlas Maandag in Bloemfontein op die Ussa kampioene

Tydens Maandagaand se Varsitybeker wedstryd tussen Ikeys en Tukkies in Pretoria was daar ’n ondersteuner op die pawiljoen met ’n plakkaat wat lees: “Ain’t no liar Ben’s on fire”.
Ben wat aan die brand is, was 2022 se Hoërskool Middelburg hoofseun, Ben Jansen van Vuuren (22).
Deesdae is hoofseun Ben ’n beer wat die skaal op 105 kilogram laat kreun. So laat kreun dat die nommer 20 trui te klein was vir hom en hy het later opgedraf in ’n nommer 24.

A rugby player in a uniform embraces a smiling woman on a floodlit field. Cheerleaders in matching outfits are visible in the background, creating a celebratory mood.

En die meisie met plakkaat was iemand baie spesiaal, sy skoolliefde van Hoërskool Middelburg en steeds sy grootste ondersteuner, Amore Kennedy.
Wanneer die tandheelkunde student sy studies voltooi, gaan hy dalk nie elke dag in iemand se mond loer nie, maar rugbyballe jaag.
As die beserings wegbly en hy behou sy vorm, sal dit nie verbaas as ’n provinsiale unie hom ’n kontrak aanbied nie.

An older man comforts a rugby player on the field. The player wears a white jersey and holds a helmet, appearing emotional. Supportive atmosphere.
Pa Gerhard Jansen van Vuuren saam met sy seun Ben. FOTO: Verskaf.

Dié slimkop was deel van ’n Middie span, waaronder Grant de Jager, wat groot belofte getoon het.
De Jager is intussen by die sewes Bokke gekontrakteer.
Varsitybeker is natuurlik een groot familie.

Two young men stand on a rugby field at night, smiling. The left one wears a white rugby uniform; the right one wears a red T-shirt.
Boetieliefde! Ben Jansen van Vuuren en boetie Henog. FOTO: Verskaf.

Behalwe vir Amore was ma Katinka, pa Gerhard en boetie Henog almal daar om Ben te ondersteun. Henog is Hoërskool Middelburg se 2026 onderhoofseun sport.
Maandag vat die familie weer die pad Bloemfontein toe met Tukkies wat Shimlas in die Rosestad pak.
Die Vrystaters het Maandag ’n indrukwekkende vertoning teen Maties gelewer.

Ben was verlede jaar deel van die Tukkie span wat die universiteite (Ussa of University Sport South Africa) toernooi gewen het, deur Maties in die eindstryd met 26-21 te klop.
Oud HTS Middelburg en Puma senter, Christiaan Vlok, draf ook vir Tukkies in die Varsitybeker uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button