KYK: Bekker en Hertzog oorleef eerste dag van Dusi
Drama aan voorpunt van die kano wedvaart met Solms en Groenink die wenners.
“Ons het die eerste dag oorleef!”
Middelburgers Shaun Bekker en Colin Hertzog het sterk geroei op die eerste dag van die Dusi kano marathon.
’n Opgewonde Bekker het laat vanmiddag laat weet dat die tweemanskap die eerste dag suksesvol voltooi het en slaggereed is vir more se skof.
@middelburgobserver Middelburg’s Shaun Bekker en Colin Hertzog survived their first day of the grueling Dusi Canoe Marathon.
Die Dusi word beskou as Afrika se grootste kano marathon. Die wedvaart eindig Saterdag in Durban.
Die eerste dag het sy deel van drama aan die voorpunt van die wedren opgedis toe Andy Birkett en Matt Fenn die mans-afdeling verower het, terwyl Abby Solms en Robyn Groenink die vroue afdeling gewen het.
