NewsSport

Skole se afrigters brei Pumas!

Middelburg se skole het van die beste afrigters in die land!

Dit het duidelik geword nadat verskeie plaaslike afrigters gekies is om die Pumaspanne te lei.

Hoërskool Kanonkop se Pieter Slabber is as voorspeler-afrigter van die Pumas o/18B-span aangestel en Dirkie Strydom is gekies as Cravenweek-spanbestuurder.

Dirkie Strydom van Hoërskool Kanonkop. Foto: Verskaf.
Pieter Slabber van Hoërskool Kanonkop. Foto: Verskaf.

By HTS Middelburg is Vicky Menegaz aangewys as die hoofafrigter van die Pumas o/17A-span en Willie Oosthuizen as spanbestuurder van dieselfde span.

Willie Oosthuizen van HTS Middelburg. Foto: Verskaf.
Vicky Menegaz van HTS Middelburg. Foto: Verskaf.

Steelcrest High School se Diwan Coetzee is aangewys as voorspeler-afrigter van die Pumas o/15 Plattelandspan, Kwanele Nkambule as spanbestuurder vir die o/18 Akademieweekspan en Zwelakhe Ntombela as vise-voorsitter van die Puma vrouerugbyspan.

Zwelakhe Ntombela van Steelcrest High School. Foto: Verskaf.
Divan Coetzee van Steelcrest High School. Foto: Verskaf.
Kwanele Nkambule van Steelcrest High School. Foto: Verskaf.

Middelburg Primary School spog met Mangaliso Mgavu, wat verkies is as voorspeler-afrigter van die Pumas onder 13A-span.

Mangaliso Mgavu van Middelburg Primary School.

Hoërskool Middelburg het nie minder nie as sewe afrigters wat verkies is om rolle te vervul by die Pumas.

Coené Nolte is gekies as Cravenweek hoofafrigter, Wandile Shabangu as Cravenweek agterlyn-afrigter, Tabo Mamojele (buite-afrigter) as Pumas afrigter vir die Cravenweek, Christiaan Gouws as hoofafrigter vir die Akademieweek, Bernard Blunden Grant Khomo voorspeler-afrigter, Neelsie Manuku as Grant Khomo agterlyn-afrigter en Tiaan Henderson as o/15A voorspelerafrigter.

Coené Nolte van Hoërskool Middelburg. Foto: Verskaf.
Neelsie Manuku van Middelburg Hoërskool. Foto: Verskaf.
Christiaan Gouws van Middelburg Hoërskool. Foto: Verskaf.
Wandile Shabangu van Middelburg Hoërskool. Foto: Verskaf.
Bernard Blunden van Middelburg Hoërskool. Foto: Verskaf.
Tiaan Henderson van Middelburg Hoërskool. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button