News

MHS het nuwe wiele!

Middies se leerders en personeel het saam met NMI Toyota Middelburg die nuwe ryding feestelik afgewys.

Hoërskool Middelburg het op 11 Februarie hul nuwe 22-sitplek bussie, ‘Hennoppie’, tydens ’n geesvangperiode op die A-rugbyveld amptelik verwelkom.

‘Hennoppie’  versterk ’n reeds indrukwekkende vervoervloot. Hoërskool Middelburg beskik nou oor:

• Twee 64-sitplek busse
• Drie Quantum-minibusse
• Een 32-sitplek Hino-bussie
• En nou ook die splinternuwe 22-sitplek ‘Hennoppie’

Die bussie sal vir skoolvervoer, sport en toere gebruik word. Personeel en leerders sien uit daarna om duisende veilige myle met ‘Hennoppie’ af te lê – elke rit ’n nuwe storie, elke kilometer ’n nuwe herinnering.

Hiep, hiep, hoera vir ‘Hennoppie’!

FOTO’S: Carmia Jansen van Vuuren.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button