News

Welbekende oudspeurder wat sy gemeenskap getrou gedien het, sterf na kankerstryd

Niks was ooit te veel moeite vir Angel Engelbrecht nie en sal almal dié oudspeurder onthou.

Angel Engelbrecht (86), wat sy hele lewe gewy het aan die polisiediens en om sy gemeenskap getrou te dien, is op 17 Februarie in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Hy het sedert 2023 teen kanker geveg en het vanaf November 2024 ook dimensie gehad.

“Ons pa het tot net bietjie meer as ‘n maand gelede nog in sy eie huis gebly,” het sy dogter, Jolanda, vanoggend vertel.

Angel (Hennie) was meer as 35 jaar ‘n toegewyde polisieman, wat as speurder baie bekend was. Talle mense het hom hierdie week beskryf as “‘n briljante ondersoeker.” As ‘n dossier op sy tafel geland het, het hy nie laat los voordat hy die skuldige aan die pen laat ry het nie.

Vir sy kinders en kleinkinders was hy ‘n rots, hul steunpilaar, mentor en ‘hero’.

Angel word oorleef deur sy vier kinders, Jolanda, Theresa, Carina en Marius, skoonkinders Thea, Roy (aanstaande skoonseun) en Carel (aanstaande skoonseun), 10 kleinkinders en 10 agterkleinkinders.

‘n Gedenkdiens word Vrydag om 11:00 in die NG Kerk, Kanonkop gemeente in Loeriestraat gehou. Die familie nooi familie en vriende, asook oudpolisielede uit om saam met hulle te kom afskeid neem.

Persone wat nie die diens kan bywoon nie, kan dit aanlyn volg deur in te gaan op die GEDENKDIENS SKAKEL. (Meeting ID: 824 5436 6393
Passcode: 768505).

  • ‘n Huldeblyk sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button