News

HTS bou nou brûe, enjins en mielies!

Hoër Tegniese Skool Middelburg betree landbou arena met vakbekendstelling.

Hoër Tegniese Skool Middelburg bied ook nou landbou-vakke aan met die doel om leerlinge prakties en teoreties toe te rus om die landbou-arena te betree.

Wye belangstelling vir landbouverwante vakrigtings het gelei tot die uitgebreide aanbod aan leerlinge en ouers.

Die landbouvakke, landboubestuurspraktyk en landboutegnologie, sal vir graad 10 leerders beskikbaar wees as addisionele vakkeuses.

Die skool sê dat die besluit om die vakke aan te bied, spruit uit ’n etos om leerders akademies te bemagtig om hul talente en belangstellings te ontdek, en te onwikkel, en nuwe bane te breek.

Landboubestuur sal fokus op die ekonomiese aspekte van boerdery terwyl die tegnologiese been weer leerders met praktiese vaardighede rondom grondgedrag, gewas-aanplanting en diereproduksie, meganisasie en ingenieursbeginsels sal toerus.

Die nuwe aanbiedinge sal deure vir leerders oopmaak om te boer, om plase te bestuur en ook ander landbousektore te betree.

Beide vakke sal ook vir studie aan tersiêre inrigtings aanvaar word vir graad- en diplomastudies.

Jaco van Wyk sal die teoretiese onderwys behartig terwyl Aubrey de Jager op die praktiese kant sal fokus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button