News

Krane sal water hê: 30-uur tydgleuwe is hoe lank spanne in die veld sal wees

Sorg maar nietemin vir so paar ekstra bottels water.

Die 30-ure tydgleuwe wat deur die munisipaliteit aangekondig is tussen Maart en April, is hoe lank die spanne in die veld sal wees, en nie hoe lank die water afgesny sal word nie.

Daar sal deurlopend water wees en slegs areas waaraan daar spesifiek gewerk word op die verskillende dae sal wateronderbreke hê.

Dus, as daar aan Mineralia se watertoevoer gewerk word, sal Mineralia se watertoevoer moontlik afgesit word.

Sodra die herstelwerk klaar is, sal die water weer oopgedraai word en sal daar dan na die volgende area se toevoer beweeg word,

Verskeie areas kan in die 30-uur tydgleuf aangepak word.

Daar is agt dae uitgesit vir die opgraderings aan die Vaalbank watersuiweringswerke.

Betonwerk wat ook eers moet droogword maak deel uit van die opgraderings.

Groot masjinerie sal ook vervang word, met lywige elektriese werk wat gedoen moet word.

Inwoners word gevra om water gedurende die dae waarop gewerk sal word, spaarsamig te gebruik.

Die datums waarop wateronderbrekings gaan plaasvind is: 4 Maart, 11 Maart, 18 Maart, 25 Maart, 1 April, 15 April, 22 April en 29 April.

Die laaste ses datums sluit die grootste deel van die dorp in, insluitend Mhluzi en omliggende areas.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button