News

Bende het al meer as 30 hekmotors in minder as drie maande gesteel!

Daar al meer as 30 hekmotors gesteel sedert Januariemaand!

Iemand word ryk deur hekmotors te steel, want vanaf die begin van Januarie tot nou, weet ons al van meer as 30 wat gevat is!

Net in die eerste naweek van Februarie alleen is daar 16 hekmotors in Kanonkop en Dennesig gesteel. In die week daarna het nog drie verdwyn.

Van laasweek af is daar omtrent twee hekmotors per nag in Kanonkop gesteel. Die Observer is laat weet dat daar vanaf Kremetart tot by Protea, Zebra, Lilian Ngoyi en Hibiscusstraat hekmotors uitgeruk is. In Oribistraat was daar ‘n poging tot diefstal.

Duidelike beeldmateriaal wat wys hoe ‘n hekmotor gesteel is in Zebra straat, is vroeër hierdie week aan die Observer beskikbaar gestel.

@middelburgobserver

CCTV footage from early this morning clearly shows a person with blonde hair in a bun, possibly a woman, with a group who are targeting gate motors in Kanonkop, Middelburg. Kanonkop, MiddelburgObserver, GateMotorTheft, Middelburg, CrimeWatch, CommunityAlert

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Vanoggend is verneem dat daar Maandag in die vroeë oggendure ook twee hekmotors in Frangipanistraat gesteel is.

In baie gevalle het die hekmotordiewe twee keer toegeslaan by dieselfde huise. Sodra inwoners nuwe hekmotors installeer, daag die diewe net weer binne ses maande op en haal dit uit.

Die Observer is besig om ‘n databasis saam te stel van hoeveel hekmotors sedert Januariemaand gesteel is.

Die meeste wat tot nou toe aangemeld is, was in Kanonkop.

Die hekmotorbende maak soms ‘n draai in ander uitbreidings ook, want mnr. Phillip Henning het laat weet dat sy hekmotor in Januarie gesteel by hul huis in Sangirostraat (Gholfsig). Hy het ook gemeld dat dit die tweede keer binne vyf maande was wat hulle toegeslaan het.

As jou hekmotor tussen Januarie en nou gesteel is, stuur ‘n WhatsApp met jou naam en van, wanneer die hekmotor gesteel is en die straatnaam na 072 248 3855.

  • In die laaste week het beeldmateriaal gewys dat die boewe klapmusse dra as hulle die hekmotors steel om seker te maak hulle word nie uitgeken nie. Tydens een van die voorvalle is die profiel van ‘n vrou ook saam met die bende gesien.
  • Die hekmotordiewe het ‘n besondere voorliefde vir nuwe hekmotors.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button