Alles dui daarop dat die oud Hoërskool Middelburg rugby kaptein, Grant de Jager, Saterdag sy buiging vir die Blitzbokke in die HSBC SVNS Vancouver sewesreeks gaan maak.De Jager sal al voorspeler diens doen, alhoewel hy in vyftienman rugby senter of vleuel speel.
Dit sal interessant wees om te sien wie word weggelaat, veral noudat die sewes kaptein, Impi Visser, weer terug is.
Afrigter Phillip Snyman skroom nie om nuwe spelers te gebruik nie en De Jager se werksetiek en energie het beslis sy oog gevang die afgelope paar maande.
Met die reeks wat einde se kant toe staan, is die volgende twee toernooie van groot belang vir die Bokke, wat net vier punte agter Fidji is op die punteleer en net vier punte voor Nieu-Seeland.
Die poel wedstryde word regstreeks op SuperSport uitgesaai.
Saterdag 7 Maart:
22h03: Groot Brittanje.
Sondag 8 Maart:
01h51: Spanje.
05h40: Nieu Seeland.
Puntestand:
1 Fidji – 70 punte.
2 Suid-Afrika – 66.
3 Nieu Seeland – 62.
4 Frankryk – 54.
5 Australië – 54.
