News

Koeler weer duur voort tot naweek

Die koeler weer sal tot volgende naweek voortduur.

Nie net gaan die koeler weer voortduur tot die naweek nie, maar more sal daar weer stomsterkte wind verwag.

Volgens die weervoorspelling sal die wind, soos vandag, more (Maandag) weer 26km/h waai met ‘n minimum van 9°C en ‘n maksimum van 22°C.

Dinsdag is daar ‘n 70% kans vir reën met ‘n minimum van 11°C en ‘n maksimum van 23°C. Die wind neem so bietjie af na 19km/h.

Woensdag is ‘n bewolke dag, maar is daar net ‘n 30% kans vir reën met ‘n minimum van 12°C en ‘n maksimum van 22°C. Die wind gaan weer redelik sterk teen 19km/h waai.

Donderdag is dit ‘n koel, bewolkte dag met minimum en maksimum temperature van 13°C en 19°C. Daar is ‘n 60% kans vir reën en wind van 18km/h word verwag.

Vrydag is daar weer ‘n 60% kans vir reën met ‘n minimum van 14°C en ‘n maksimum van 22°C. Die wind neem heelwat af na 13km/h.

Saterdag is dit bewolk met ‘n 20% kans vir reën, wind van net 5km/h en minimum en maksimum temperature van 14°C en 23°C.

‘n Bewolkte dag word Sondag ook verwag met ‘n minimum van 14°C en ‘n maksimum van 22°C, met ‘n 30% kans vir reën en wind van 8km/h.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button