Deseré en Riaan van Vuren met die see in die agtergrond tydens die Kaapse Fietstoer wat gister aangebied is. FOTO: Verskaf.
Die Beauty en The Beast.Die Kaapse Skoonheid en die Wind.
Wanneer jy die kans kry om met jou fiets om die Kaapse Skiereiland te pendel, is dit ’n reuse voorreg om die asemrowende natuurskoon te beleef.
Met die oseaan doer onder en soms net hier neffens jou, moet dit sekerlik een van die mooiste fietswedrenne in die wêreld wees. Die ondersteuning van Kapenaars langs die pad is soortgelyk aan die Comrades Marathon.
Karin Stapelberg, Chantelle Honeyborne en Angelique Steyn het die Kaapse Fietstoer aangedurf. FOTO: Verskaf.
En waar in die wêreld kom die reuk van samoesas en kerriekos na jou toe aangesweef, as juis op die Kaapse Fietstoer?
Enigste probleem, jy moet klou want daai wind, o daai wind.
Goeie nuus is dat al die Middelburgers dit gister oorleef het en veilig op pad is terug huis toe.
Daar was 30 000 inskrywings.
Chantelle Honeyborne, Jurgens Steyn, Karin Stapelberg, Angelique Steyn en Francois Stapelberg voor die wegspring van die Kaapse Fietstoer in Kaapstad. FOTO: Verrskaf.
Angelique en Jurgens Steyn, Riaan en Deseré van Vuren, Chantelle Honeyborne, asook Karin en Francois Stapelberg, het die 109 kilometer suksesvol afgetrap, nadat hulle vroegoggend by die Kaapse-parade weggespring het. Die selfde plek waar Madiba sy eerste toespraak na sy vrylating gelewer het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.