News
Geen borg vir oudpolisieman – bly in aanhouding tot verhoor afgehandel word
Die oudpolisieman wat van verskeie seksdade beskuldig word, se borg is geweier.
Borg is vanoggend geweier vir die oudpolisieman wat van 37 klagtes, waaronder verskeie verkragtingsake, aangekla word.
Tydens die uitspraak het landdros Esther Nevhutalu al die verdediging en die staat se weergawes breedvoerig vir en teen die borgaansoek voorgehou.
Alhoewel sy die beskuldigde se persoonlike omstandighede, soos dat hy kroniese siektes het, in ag geneem het, het die ernstige aard van die klagtes swaarder geweeg en het sy die borg geweier.
Die oudpolisieman sal in aanhouding bly tot die verhoor afgehandel is. Die saak skuif nou van die streekhof na die seksuele misdrywehof.
- Sy naam mag nie genoem word nie, omdat dit seksuele klagtes is en ’n beskuldigde eers geïdentifiseer mag word as hy op die klagtes gepleit het.
- Die beskuldigde se hande het merkbaar gebewe toe daar gesê is dat borg nie toegestaan word nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
