News

Motorfietse steeds weg, selfs na R5 000 beloning om dit terug te probeer kry

Nie eers die R5 000 beloning wat 'n pa aangebied het om sy seun se gesteelde motorfietse te probeer terugkry, het gelei tot nuwe inligting nie.

Hein Venter kan nie glo dat daar net géén inligting is wat kan help om sy matriekseun, Jaco, se motorfietse terug te kry nie.

Die twee motorfietse, ’n oranje 125cc KTM veldmotorfiets en ’n rooi en silwer 150cc GSX Suzuki motorfiets (registrasienommer KCM840MP) is in die vroeë oggendure van 6 Maart by hul huis in Oribistraat gesteel. Jaco is baie omgekrap want die Suzuki was ‘n 16de verjaardaggeskenk.

Die KTM veldmotorfiets wat gesteel is. Foto: Verskaf.

Nadat die berig op die Middelburg Observer se webtuiste verskyn het, het ‘n inwoner van Mhluzi laat weet dat hy in die nag met sy vrou hospitaal toe is. Toe hy terugkom huis toe, het hy gesien hoe ses mans die motorfietse aan die buitewyke van Avalon stoot.

Hein het dadelik ‘n R5 000 beloning uitgeloof met die hoop dat hulle meer inligting sou kry wat kan lei tot die terugvind van die motorfietse. Tot op hede is die motorfietse steeds weg en is daar nie nuwe inligting gekry nie.

Hy pleit dat as daar enigiemand is wat dalk die motorfietse iewers opgemerk het, om hom te skakel by 076 830 1412.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button