News

Is daar nog hekmotors oor in Kanonkop?

Hekmotors verdwyn nog voor die voet in Kanonkop en sluip die diewe die afgelope week nou ook weer in Dennesig rond.

Die hekmotordiewe slaap nou bietjie later en steel nie meer tussen middernag en 02:00 die hekmotors nie, maar pluk dit uit vanaf 04:00.

Net in die afgelope sewe dae weet die Observer van vyf hekmotors wat gesteel is, drie in Kanonkop en twee in Dennesig.

Hans du Preez (van Titon Alarms & Reaction) sê hulle het ook agtergekom dat die diewe nou ’n bietjie later as die vorige kere toeslaan. Tydens ’n hekmotordiefstal oor die naweek in Maroelastraat het hulle omstreeks 04:00 toegeslaan.

• Die Observer is besig om ’n databasis saam te stel van hekmotors wat vanaf Januarie 2026 gesteel is. As jy nog nie met ’n joernalis gepraat het nie, stuur vir ons jou naam en van, die adres en wanneer die hekmotor (die tipe hekmotor ook) gesteel is na 072 248 3855.

• Mnr. Dawie Brits se hekmotor, ’n Centurion D5 Smart, is vroeg in Februarie in Gilfillanstraat gesteel. Hy het genoem dat diewe veral in hierdie tipe hekmotors belangstel.

• Verlede Donderdag is daar voor die voet ook watermeters uitgeruk in Kanonkop. Daar is toegeslaan in Protea-, Broodboom- en Seringstraat.

Op 5 Maart het die Observer berig dat daar sedert die begin van die jaar al 30 hekmotors gesteel is. Tydens ’n hekmotordiefstal in Zebrastraat het videomateriaal gewys dat die diewe klapmusse dra om nie uitgeken te word as daar kameras op persele is nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button