Motorfietsryers bring laaste eer aan Johan
Motorfietsryers sal Saterdag 'n laaste eer betoon aan Johan van Zyl wat Saterdag in 'n motorfietsongeluk gesterf het.
‘n Laaste eerbetoon word Saterdag deur motorfietsryers gehou tydens die roudiens van Johan van Zyl (68).
Johan het Saterdag in ‘n motorfietsongeluk net buite Groblersdal op die Bronkhorstspruitpad gesterf.
Die roudiens word Saterdag om 11:00 uit die Lighuis gemeente in Middelburg gehou.

Motorfietsryers word gevra om almal teen 09:45 bymekaar te kom by Roseleigh Begrafnisdienste in Wesstraat. Hulle sal om 10:15 van daar af almal saam vertrek na die kerk. By die kerk sal ‘n erewag gevorm word vir Johan se familie as hulle in die kerk ingaan en weer uitkom.
Persone wat nie met hul motorfietse kan ry nie, word gevra om steeds hul valhelms saam te vat kerk toe om deel van die erewag te vorm.
