CrimeNews

Hekmotordiewe kies nou weer Dennesig

Hekmotordiewe het nou hul visier vanaf Kanonkop na Dennesig verskuif.

Nadat Kanonkop vir etlike weke onder hekmotordiefstalle deurgeloop het, het die diewe laasnag na Dennesig geskuif.

In die bestek van ‘n kort tydjie is daar twee hekmotors in Kitchenerstraat en een in C.R. Swartstraat gesteel. By een van die huise is dit die tweede keer in twee maande wat die boosdoeners die hekmotor gesteel het.

Teen vroeg Maart is daar sedert Januarie hierdie jaar reeds meer as 30 hekmotors gesteel in Kanonkop en Dennesig, waarvan die meeste in Kanonkop was.

  • Die Observer is besig om ‘n databasis saam te stel oor hoeveel hekmotors sedert die begin van die jaar gesteel is. As jou hekmotor in die laaste drie maande gesteel is, stuur ‘n WhatsApp met jou naam en van, wanneer die hekmotor gesteel is, die tipe hekmotor en die straatnaam na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button