Spreekkamer engel benodig dringende karsinoom sjirurgie
’n Bekende plaaslike dokters ontvangsdame moet dringend oogsjirugie ondergaan.
Bykans die hele Middelburg ken vir Valerie Potgieter.
Die kanse is groot dat jy haar al ontmoet het tydens ’n doktersbesoek die afgelope 23-jaar.
Valerie is die vriendelike ontvangsdame wat dinge glad laat verloop in plaaslike spreekkamers.
Hoewel sy al die afgelope 23-jaar van spreekkamers verander het, was haar vriendelike ontvangs en deernis met pasiënte altyd dieselfde.
’n Harde slag het Valerie getref.
Sy is gediagnoseer met ’n karsinoom met die gewas wat reg agter haar regterkantste oog, agter die onderste ooglid sit.
Die gewas self kan eers vir kwaadaardigheid getoets word sodra dit verwyder is.
Dit gaan twee operasies kos en die koste daarvan staan op R120 000.
Gelukkig is daar reeds liefde aan Valerie gewys tot die waarde van R35 800.
Daar bly so R85 000 oor om op te maak.
Valerie is een van die dorp, indien nie die enigste gekwalifiseerde babamasseuse, maar min weet daarvan.
Haar dogter Melissa som haar mooi op in ’n BackaBuddy veldtog wat vir Valerie van stapel gestuur is.
“My ma woon al sedert 1997 in Middelburg en is vir baie mense ’n bekende en geliefde gesig as ontvangsdame by verskeie dokters deur die jare,” sê Meilssa.
“Sy is die tipe mens wat altyd eerste is om ander te help, iemand wat haar eie tyd en selfs verlof sou opoffer om te help. Sy gee sonder om iets terug te verwag, en sou self nooit maklik hulp vra nie”
Die skoknuus het op 19 Maart gekom dat die karkatjie toe eintlik ’n ding is wat dringend verwyder moet word.
Daar is fyn sjirurgie betrokke, insluitende rekonstruksiewerk, met opvolgbehandeling en medikasie ingesluit.
Die mikpunt is nog ’n paar rand weg.
Maar Middelburg gee om.
Die BackaBuddy skakel is HIER
Melissa kan ook gekontak word by 061 502 9970.
